School

Parysenaar blink uit op die rugbyveld

Ricardo is 'n passievolle rugbyspeler met baie deursettingsvermoë

Ricardo du Plessis, gebore en getoé in Parys, is vanjaar vir die Leeus Cravenweek o.18 span gekies wat van 2 tot 8 Julie in George gehou is.

Ricardo is ‘n passievolle rugbyspeler met baie deursettingsvermoë. Hy begin sy laerskoolloopbaan in gr. 1 by Parys Primêr met Bulletjie rugby en speel ‘n barshou. In graad 6 word hy vir die Valke as stut gekies,

In graad 7 speel hy vir Limpopo Blou Bulle en word hy as Sportman van die Jaar in Laerskool Krugerpark aangewys. Daarna word hy vir die o.13 rugbyspan gekies vir die Cravenweek in Kimberly en daar sien Hoërskool Monument hom raak en word hy deel van Monnas se Trotse Rugby Tradisie.

In graad 8 wen Monnas se o.14-span die Verseker Beker en word Ricardo aangewys as beste voorspeler van die jaar. In graad 11 en 12 draf hy uit vir Monnas se eerstespan, die Wit Bulle en vanjaar word hy gekies vir die Leeus o.18 Cravenweekspan.

“Ons wil eerstens vir ons Hemelse Vader dankie sê vir die talent waarmee hy vir Ricardo geseën het, en dan al sy familie, vriende wat hom ondersteun en bemoedig. Dankievir die laaste vyf jaar in die besonder Hoêrskool Monument se afrigters wat sy talent en spel verfyn het Ons is bevoorreg en geseend om julle almal in sy lewe te hê” sê sy ma, Antonette.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button