Photo GalleriesSport

Parys se rugbyspanne dié naweek weer op die veld vir Noordvaal-uitdunne

Wedstryde vir die naweek: Die o.14 en 0.15 spanne van Hoërskool Parys speel hierdie Saterdag, 30 Julie, in die Noordvaal uitdunne teen Hoërskool Glen Harvey in Fochville Die skool se eerste span speel Saterdag teen Hoërskool Bekker. Sou die o.14 en 0.15 spanne wen, speel hulle in die kwartfinale volgende naweek teen Nor-thern Academy in …

Wedstryde vir die naweek:
Die o.14 en 0.15 spanne van Hoërskool Parys speel hierdie Saterdag, 30 Julie, in die Noordvaal uitdunne teen Hoërskool Glen Harvey in Fochville
Die skool se eerste span speel Saterdag teen Hoërskool Bekker. Sou die o.14 en 0.15 spanne wen, speel hulle in die kwartfinale volgende naweek teen Nor-thern Academy in Pietersburg.
As Parys se eerste span Saterdag wen speel hulle in die kwartfinaal teen Hoërskool Warmbad in Warmbad.

Valke Finaal
Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan is Saterdag as die kampioene in die Valke Middelliga Hoërskole finaal gekroon ná ‘n harde wedstryd teen HTS Carel de Wet. ‘n Ongelooflike groot prestasie vir hierdie seuns wat kon wen met ‘n skitterende telling van 17-5.
Baie geluk ook aan die span se afrigter Wiehan Viljoen, hulpafrigter Paul Grimbeek, en spanbestuurder Henning Preto- rius. Parys het vanjaar nie minder nie as drie spanne op die veld gehad in die finaal wat by Hoërskool Stoffberg gehou is. Naas die o.14’s het die skool se o.15’s en eerste span ook gespeel. Hoewel die skool se eerste en o.15-rugbyspanne ongelukkig die knie moes buig in hul onderskeie wedstryde teen Edenvale High en Christian Brother College, het hierdie seuns almal Parys se naam hoog gehou.
Die o.15’s verloor met ‘n telling van 25-15, en die eerste span se wedstrydtelling was 19-16 in die guns van Edenvale – net 3 punte verskil!
Groot dank aan al die ouers vir die ondersteuning langs die veld, en vir Parys Primêre skool wat spesiaal hul bus beskikbaar gestel het vir die ouers wat die seuns wou ondersteun.

‘n Trotse oomblik vir Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan nadat hulle hul wedstryd in die Valke-finaal vir Middel-skole Saterdag gewen het.

Só het Parys in die verlede gedoen:
* Die laaste Valke-finaal was in 2019 toe Parys se eerste span ook die finaal gehaal het en teen Springs Boys High gespeel het. Parys het toe, soos in 2017 en 2022, as naaswenners uit die stryd getree.
* Parys se eerste span wen die liga in 2014, 2015 en 2016 – drie jaar agtereenvolgens.
* Parys se o.14-span wen die liga in 2016, en nou vyf jaar later weer.
* Parys se tweede span wen die liga in 2015 en word as naaswenners in 2013 en 2014 bekroon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button