Photo GalleriesSport

Kranige Wuhan sorg vir skitter prestasies op die rugbyveld en in die stoeikryt

Knapgedaan aan dié jongman

Wuhan Mare, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Parys, het sy SA nasionale kleure in stoei verwerf nadat hy vroeër vandeesmaand in Pretoria aan die SA  stoeikampioenskappe deelgeneem het waar hy ‘n goue medalje ingepalm het.

Wuhan het ingeskryf vir Vrystyl in die junior kategorie, asook vir Grieks Romeins.

Met sy deelname aan die SA Kampioenskappe in 2021, het Wuhan ‘n silwermedalje verower vir vrystyl so.17.

Hy is ‘n kranige deelnemer aan die kompetisies wat hy kan bywoon, tussen skoolsport deur, en het in totaal reeds 14 goue, silwer en bronsmedaljes vir stoei verower. ‘n Uitmuntende prestasie as in ag geneem word dat hy eers in Augustus 2019 as stoeier aangesluit het by sy klub, en Covid die afgelope twee jaar sportdeelname ernstig gekortwiek het.

Wuhan is ook een van sy stoeiklub se afrigters vir die intermediêre groep.

Maar dit is nie net met stoei wat dié jongman uitblink nie. Wuhan is ‘n veelsydige en kranige sportman wat ook vir sy skool se eerste rugby- en krieketspanne speel, en boonop ook akademies presteer en lid is van die skool se VRL.

Tydens die Bokkie Rugbyweek, wat van 4 tot 8 Julie 2022 in Kroonstad gehou is, Wuhan aangewys as speler van die toernooi vir AVS Wes Transvaal, en  genooi om uit te draf vir die Bokkie Uitnodigingspan op 16 Julie.

Parys se eerste rugbyspan waarvan Wuhan deel is. het die afgelope naweek in die Valke-liga finaal gespeel.

 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button