Photo GalleriesSport

Atlete van die lug; hoe fikser hoe beter

Sodra die winterkoue kom is dit tyd vir duiwe wedvlugte om in alle erns te begin. Wedvlugte begin einde Mei, en strek oor vier maande. Maar om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die resep tot sukses. Ses weke voor die …

Sodra die winterkoue kom is dit tyd vir duiwe wedvlugte om in alle erns te begin. Wedvlugte begin einde Mei, en strek oor vier maande. Maar om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die resep tot sukses.
Ses weke voor die vliegseisoen begin, word die duiwe sowat 10km van hul huis losgelaat om terug te vlieg. Daarna elke keer ’n bietjie verder. Met die loslaat word die duiwe in alle rigtings gelos om hul huis weer te kry.
Duiwe word vandat hulle gespeen is op n broeimengsel geplaas om goeie bou te bevorder. Alle vlugduiwe word ook ge-ent teen moontlike siektes.
En as jy wonder oor die eienskappe van die ideale vliegduif, is fiksheids beslis nommer een. Slegs duiwe wat topfiks is, word vir die wedvlug ingskryf.
Geen duif met n siektetoestand soos kanker, koksidose en sirkelvirus word ingeskryf nie.
Elke wedvlugduif word toegerus met n elektronies ring aan sy been. Dié ring word dan geskandeer met mandjie aand, en word weer geklok met ’n elektroniese apparaat wanneer die duif ná die wedvlug by sy huis land.
Duiwe word Donderdagaande per vragmotor vervoer na die dorp waarvandaan hul vir die wedvlug sal vlieg, en word dan Saterdagoggende losgelaat. Op die vragmotors word ook voorsiening gemaak vir genoeg kos en water vir die duiwe.
Vir die eerste keer in 8 jaar is Parys se posduifklub weer aktief, en het lede van die Legends Parys-posduifklub op 18 Junie aan die De Wetsdorp ope-vlug en jaaroud-vlugte deelgeneem. Die uitslae was as volg:
De Wetsdorp ope-vlug
Maree-hokke het die voortou gevat met die wenposisie, en kon ook spog met die 3de, 4de, 5de, 6de, 7de, 9de 11de, 14de en 18de posisies.
Johan Aspelling se duiwe was 2de, 8ste, 12de, 13de en 16de.
Sys van Rooyen se duiwe was 10de, 17de en 19de.
Jordaan-hokke was 15e en 20ste.
De Wetsdorp jaaroud-vlug:
Sys van Rooyen se duiwe het verras met die 1ste, 2de en 3de posisie, asook die 5de, 12de, 13de en 19de plekke.
Johan Aspeling se duiwe was 4de, 6de, 11de, 15de en 16de.
Maree-hokke was 7de, 8ste, 9de,10de, 14de, 17de en 20ste.
Jack Venter se duiwe behaal die 18de plek.
Die afgelope naweek is die Springfontein Ope- en Jaaroud-vlugte beslis, en was die uitslae as volg
Springontein ope
Maree-hokke sorg vir ’n hele string plekke – 1ste, 2de, 4de, 5de, 6de, 9de, 10de, 11de, 12de, 14de, 17de en 18de.
Johan Aspeling het ook goed gevaar met ’n hele paar plekke – 3de, 7de, 15de, 19de, 20ste, 21ste, 22ste, 23ste en 24ste
Sys van Rooyen – 8ste, 13de, 28ste em 29ste.
Jordaan-hokke – 16de en 26ste
Jack Venter-hokke – 25ste en 27ste.
Springfontein jaaroud
Johan Aspeling vlieg dié keer voor met die 1ste, 2de, 6de, 11de, 12de, 22ste, 26ste en 27ste plekke.
Maree-hokke het ook die plekke ingeryg met die 3de, 4de, 8ste, 10de, 13de, 14de, 15de, 16de, 17de, 18de, 19de, 25ste en 29ste posisies.
Sys van Rooyen – 5de, 7de, 9de, 21ste, 23ste, 24ste, 28ste

Jack Venter 20ste

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button