Photo GalleriesSchool

Skitterende prestasie: Parys Primêr spog met beste baan- en veldatleet by NVS-kragmeting

Parys hou duim vas vir julle!

 

 

Vyftien atlete van Parys Primêre skool het by die Noord-Vrystaat atletiekbyeenkoms gekwalifiseer om dié naweek aan die Vrystaat Skole atletiekkampioenskappe deel te neem. Die atlete is Inke Nortman, Jessie Joubert, Nuri Rourke, Karisa Nortman, Mila Venter, Karmi Geldenhuys, Mieke Small, Janco Ferreira, PC Steyn, Zuan van Riet, Herman van der Schyff, Wouco Cronje, Ruan Vermeulen, Caylen Steyn en Adriaan Nel.  

 

   

 

Boonop is spesiale toekennings aan twee van die skool se atlete oorhandig wat onderskeidelik as beste baan- en beste veldatleet aangewys is. Zuan van Riet ontvang die toekenning as beste baanatleet so.11, en vir beste prestasie vir die 70m hekkies so.11. Adriaan Nel ontvang die toekennings as beste veldatleet so.12 en vir beste diskusgooi prestasie so.12.  

 

 

Zuan van Riet en Adriaan Nel wat onderskeidelik as beste baan- en beste veldatleet aangewys is by die Noord-Vrystaat atletiekbyeenkoms. Elkeen is ook beloon met ‘n spesiale toekenning in hul onderskeie items. Foto: Verskaf

 

‘n Ongelooflike groot prestasie vir dié skool se atlete.  

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button