Photo GalleriesSport

Twee van Parys is beste op die veerpyltjiebord

Twee van Parys is beste op die veerpyltjiebord

 

 

 

Die Fezile Dabi Veerpyltjie Assosiasie het verlede naweek hul 2021/2022 toekenningsgeleentheid in Kroonstad gehou. Twee spelers van Parys Dart Club is by die spog geleentheid in Kroonstad onderskeidelik as die Mans- en Damesspeler van die jaar aangewys. Hulle is Rynhard Malan en Cornea Viljoen. Die klub is baie trots op dié twee uitstekende spelers van die Parys Knights-span. Belangstellende veerpyltjiespelers word genooi om Woensdagaande by die klubhuis by die Off Road Sport Bar, een kilometer op die Parys/Fochville-pad (waar die wit vliegtuig staan) saam te kom speel. Vir navrae oor die klub, skakel Ockert by 072 344 7867.

 

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button