Photo GalleriesSchool

Dol maar dankbare chaos van ‘n eerste skooldag

Dol maar dankbare chaos op eerste skooldag

Vanoggend het ek besef hoe ons ‘n eerste kommervrye skooldag met kraakvars nuwe skoolklere, opgewonde vir die jaar wat voorlê, gemis het. Hoe anders om vanoggend die dankbare chaos te kon beleef teenoor 2021 toe die eerste skooldag noodgedwonge weens die pandemie aangeskuif moes word.

Maar vanoggend het die  lang ry skoolverkeer ‘n vreemde rustigheid in my hard kom lê oor die dol gejaag van ‘n eerste skooldag. Hoe lank het ons nie hierna uitgesien nie. ‘n Dankbare chaos.

Heinrich van Niekerk saam met die tweeling Ardu en Dian Potgieter op hul eerste skooldag vir 2022in graad 8 by Hoërskool Parys.

 

Dankbaar vir die voorreg om vandag ons kinders skool toe te kon neem. Dankbaar vir elke onderwyser op hul pos. Dankbaar vir skoolklere, tasse en boeke. Dankbaar vir geleenthede om te kan leer. Daar is baie wat dit nie het nie.

Mag hierdie skooljaar ons opnuut dankbaar maak vir geleenthede.

Carpe Diem!

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button