Photo GalleriesSport

Die dag toe Wes-Transvaal die Britse en Ierse Leeus geklop het

Die dag toe Wes-Transvaal die Britse en Ierse Leeus geklop het

 

 

1955 was die jaar toe Wes-Transvaal met vyf Potchefstroom Dorp Rugbyklub spelers in die span vir die Britse en Ierse Leeus toerspan geklop het.

 

Die jaar was 1955 – die rugbylandskap was baie anders as nou. Dit was toe ‘n drie nog drie punte getel het. Toe Wes-Transvaal (huidig Luiperds) met groot menere in die span soos die Springbok slot, Johan Claassen, gesit het. 1955 was ook die jaar toe Wes-Transvaal met vyf Potchefstroom Dorp Rugbyklub spelers in die span vir die Britse en Ierse Leeus toerspan geklop het.

Wes-Transvaal se 1955 span wat die Britse en Ierse Leeus met 9-6 in Potchefstroom geklop het. Foto Potch Dorp Rugbyklub/Twitter

Ja jy het reg gelees – Wes-Transvaal het vir die Leeus met 9-6 op Olenpark op 22 Junie 1955 geklop. Die geskiedenisboeke beaam dit swart op wit.

 

Die legendariese Piet Bosman was die president in daardie tydperk. Spelers soos Harry Newton-Walker, Koos Bezuidenhout, Dick Putter, Stoney Steenkamp, Jack van der Schyff en ander het ook in hulle Wes-Transvaalse groen en rooi truie behoorlik teen die besoekers naam gemaak. Dit was ook die eerste wedstryd op die 1955 toer vir die Britse en Ierse Leeus met Wes-Transvaal wat hulle mooi laat verstaan het dat Suid-Afrikaners nie maklik geklop word op eie bodem nie. Die toetse teen Springbokke het 2-2 geëindig op hierdie toer wat vanaf Junie tot September geduur het.

 
 

Hierdie Saterdag word die beslissende toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus gespeel en nes Claassen se manne sal die Bokke ook ‘n sege oor die Leeus wil proe. Met alles wat in die media op en van die veld af genoem is – sal hierdie sege heel moontlik een van die soetste nog vir albei spanne wees. Die dag toe Wes-Transvaal die Britse en Ierse Leeus geklop het | Potchefstroom Herald

 
 
 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button