Photo GalleriesSport

Noordwes se balle weer aan die rol

Noordwes se balle weer aan die rol

Die Noordwes-rolbalseisoen het afgeskop met die Gemengde pare kompetisie vir Veterane wat op 6 Oktober op verskillende bane gespeel is.
Die seksiewenners  sal op 13 Oktober) uitspeel met die eindrondes wat Woensdag 14 Oktober beslis word.
Parys-rolbalklub sal die gasheer wees vir die wedstryde.
Opvallende uitslae van die seksiekompetise was die voltalle (3 uit 3 oorwinnings) wat behaal is deur Ronnie en Brenda Palmer van Potchefstroom Dorp. Jakkie Bezuidenhout en Rhoda Kallis van dieselfde klub het dit ook reggekry. Lazuya Serfontein en Dickie van der Merwe het dit gedoen vir Parys, en Abri Schutte en Alida Roussouw het hul twee wedstryde (weens ontrekking) gewen vir ‘n 2 uit twee.
Bykans veertig pare het vir die kompetisie ingeskryf.
Die spanne wat deurgedring het na die uitspele was Don van Vuuren en Toets van der Westhuizen, Colin Vague en Theresa Jones, Lazuya Serfontein en Dickie van der Merwe en Sylvia en Frans van Niekerk van Parys, en drie spanne van Potchefstroom Dorp Rolbalklub: Ronnie en Brenda Palmer, William Minne en Saandrea Mostert asook Jakkie Bezuidenhout en Rhonda Kallis. Die ander twee spanne is Errol en Jilian Booth van Klerksdorp en Abrie Schutte en Alida Roussouw van Fochville.
*Die Noordwes Rolbal Pare-kompetisie begin op 17 Oktober op die bane van Potchefstroom Buiteklub, Klerksdorp, La Farge, Mafeking, en ook vir die eerste keer op Sannieshof. Vyf en dertig vrouepare en vier en veertig manspare het ingeskryf.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button