Photo GalleriesSchool

Distansiëringstokke en geel harte help om afstand te hou

Distansiëringstokke en geel harte help om afstand te hou

By Parys Christelike Skool (PCS) het personeel die graad 7-leerlinge Maandagoggend met groot trots en opgewondenheid ontvang.
Ook hier is vooraf deeglik voorberei om seker te maak dat daar aan alle voorskrifte voldoen word. PCS se terrein is binne en buite deur ’n maatskappy behandel voordat personeel op 25 Mei by die skool aangemeld het. Die personeel is ten volle opgelei in die voorskrifte van die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO) vir die bekamping van die verspreiding van Covid-19.
Met ontvangs van hul sertifikaat kon die voorbereiding begin vir die moniteringsmaatreëls wat deur die departement van basiese onderwys deurgegee en streng gevolg is, sê Debbie van Tonder, stigter van die skool.

 

Sy sê kontaklose handreinigingstoestelle, ontsmettingsmiddels, infrarooi termometers en gesigmaskers is eerste aangeskaf om die personeel se veiligheid tydens voorbereiding te verseker.
“Me Malokghetha Gabaroni van die department van Onderwys se hoofkantoor het op 4 Junie inspeksie gedoen by die skool, en was beïndruk met PCS en Noag se Arkie wat voldoen aan alle vereistes.”
Debbie sê die Intermediëre- en Senior Fase personeel het met die idee van distansiëringstokke vorendag gekom waarmee die kinders met hul aankoms op die terrein personeel kon “high five”. Deur die dag is op die geel harte wat op die grond aangebring is beweeg om bewustheid te skep van afstand wat gehou moet word.
“Die skool sal daagliks alles moontlik doen om personeel en leerlinge veilig te hou tydens die Covid-19 pandemie,” het sy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button