CommunityPhoto Galleries

Smuller kos met min bestanddele

Die stormloop proviant raak min, die grendelgenote onder een dak skuur aan mekaar se nerwe en jou idees vir kosmaak het al die perke van vindingrykheid by dag 3 oorskry. . Hier's 'n paar idees

 

Heerlike ontbyt
Braai 1 groot, gekapte ui en 1-2 fyngesnyde tamaties in olie in ‘n pan. Geur met sout en peper. Wanneer uie en tamaties sag is kan enige oorskiet vleis/aartappels bygeroer word (opsioneel). Maak vier holtes in die mengsel in die pan en breek ‘n eier in elkeen. Geur eiers en stoom tot gaar met die deksel op. Die eiers word baie gou gaar.
Om op te dien.  Rooster vier snye brood; smeer botter op en skep ‘n eier met uiemengsel op elke sny. Strooi bietjie kaas oor en garneer na smaak.

Hoendergereg
Skep 1 250 ml (5 koppies) gaar rys in ‘n gesmeerde oondbak van 30 x 30 cm. Plaas 4 gaar,
gevlokte hoenderborsies (of ander gaar, gevlokte vleis) bo-op rys gevolg deur 250 ml gaar,
gegeurde groente, van jou eie smaak.
Sous: Klits 4 eiers met 2 koppies melk en geur met sout en peper, na smaak. Gooi oor die
bestandele in die oondbak en strooi kaas bo-oor om ‘n lekker lagie te vorm. Bak in ‘n 180° C oond vir 30 tot 40 minute totdat die eiermengsel gestol is. Dien op met
slaai.

Tinned bean salad
Take 4 – 5 tins drained beans, like red kidney, butter beans or whatever you can find in your
pantry, and combine in a bowl adding finely chopped onion. Pour dressing over the beans.
Dressing: 125 ml olive or other oil, 75 ml vinegar, pinch of salt and sugar, 1 crushed clove
garlic and chopped, fresh herbs, if available. Cover and refrigerate overnight.
To serve: Add 250 g halved cherry tomatoes or chopped tomatoes.

 

Broodpoeding
Sny die korsies van 4 snye wit- of rosynebrood af en smeer met botter. Sny in driehoeke en rangskik bo-op mekaar in ‘n oondskottel van 15 x 25 cm sodat die puntjie van die driehoek van elke laag na die teenoorgestelde kant van die bak toe wys. Klits 3 eiers, 30 ml suiker, 625 ml melk en 5 ml vanieljesuiker saam. Bedek die brood met helfte van die eiermengsel en laat staan vir 10 minute. Voeg 5 ml gerasperde suurlemoenskil en 125 ml pitlose rosyne/sultanas by die res van die eiermengsel. Meng goed en skep oor die brood. Strooi bietjie kaneel of neutmuskaat oor. Plaas nou die oondskottel in die oondpan en skep genoeg water in die oondpan om die oondskottel halfpad te bedek. Bak 40 – 45 minute in ‘n vooraf verhitte van 180° C. Haal uit die oondpan en bedien.

Broodpoeding

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button