Photo GalleriesSport

Dagboek dié skietdatums

Dagboek dié skietdatums

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Olienhout-tak in Parys het sy algemene jaarvergadering op 19 Februarie gehou, met ‘n ete daarna, geborg deur The Doors.
Deelname aan skietoefeninge sal vanjaar prioriteit aandag geniet. Ander projekte soos die opgradering aan die skietbaan sal ook aangepak word.
As vuurwapeneienaar hou dit voordele in om deel te wees van ’n erkende skietorganisasie. SAJWV is een van die grootste jagorganisasies in SA en spits hom nie net toe op die bevoegdheid van sy lede nie, maar is wildbewaring ook ‘n belangrike fokuspunt om te verseker dat die organisasie oordeelkundig na die jagbedryf omsien. Hulp kan ook verleen word om heraansoeke en aansoeke vir vuurwapenlisensies te vergemaklik. As jy wil betrokke raak besoek sajwv.parys.co.za. Die tak se bestuursvergaderings word op 4 Mei, 6 Julie, 7 September en 9 Nov. gehou. Klubskietdatums is: Langgeweer: 9 Mei, 11 Julie, 12 September, 14 November
Handgeweer: 7 April, 9 Junie, 4 Augustus, 6 Oktober
Daar word beplan om ook ń semi-outomatiese “AR” skietoefening te reël. Die datum sal later deurgegee word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button