Photo GalleriesSport

Covid-19: Rugbyweek en motorfietssaamtrek gekanselleer

Die rugbyweek is een van die grootste rugbyweke in die land  met 20 skole, 26 spanne, 587 spelers, 74 afrigters en 14 skeidsregters wat weer vanjaar betrek sou word

In die lig van die ingrypende nootmaatreëls wat Sondag 15 Maart deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is om die verspreiding van Covid-19 in die land te beperk, is die Namgola Parys Rugbyweek wat van 23-26 Maart in die dorp gehou sou word, gekanselleer.

Die rugbyweek is een van die grootste rugbyweke in die land  met 20 skole, 26 spanne, 587 spelers, 74 afrigters en 14 skeidsregters wat weer vanjaar betrek sou word.

In ‘n skrywe van die skool wat vanoggend, Maandag 16 Maart, uitgestuur is, word gesê dat die beheerliggaam van Parys Hoërskool gehoor gee aan die president se versoek. en die situasie en veiligheid van alle betrokkenes respekteer.

Verder word gesê dat met skole gekommunikeer sal word wat reeds deposito’s en gelde betaal het vir die 2020 Namgola Parys-rugbyweek.

“Ons hoop egter om deel te wees van u 2021 rugbykalender en om ‘n bydrae te lewer tot u rugbyprogram.”

Ook die Dome Rally wat oor jare deel geword het van Parys met talle motorfietsryers wat in Mei hier sou saamtrek, is gekanselleer.

So ook alle skole sport en buitemuurse aktiwiteite, insluitend die Sanesa kwalifiserende uitdunrondtes  vir alle ruiter dissiplines in alle distrikte en provinsies regoor die land.

Ook die ATKV het aksiestappe geneem met die kansellering van die ATKV se eerste uitdunrondtes, semifinale en finaal van sy redenaarskompetisies, debatskompetisies, ATKV Applous streekuitdunne en finaal, kursusse van ATKV Tienertoneel wat vir die eerste helfte van die jaar gekanselleer word, en ook die ATKV Jeugberaad by Klein Kariba, Buffelspoort en Goudini Spa en die ATKV Rieldanskompetisie wat gekanselleer is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button