CommunityPhoto Galleries

Dié naweek kry Boomstraat-muur kleur

Die verfkwaste word hierdie Saterdag, 7 Maart nader getrek wanneer die betonmuur van die Mimosa Tuine in Boomstraat uiteindelik sy helder kleurbaadjie kry. Die wit onderlaag is klaar geverf en is alles gereed vir die groot verf Saterdag. Die projek is ‘n inisiatief van kunstenaar Deon TerBlanche wat ook verantwoordelik was vir die #ImStayingParys inisiatief. …

Die verfkwaste word hierdie Saterdag, 7 Maart nader getrek wanneer die betonmuur van die Mimosa Tuine in Boomstraat uiteindelik sy helder kleurbaadjie kry. Die wit onderlaag is klaar geverf en is alles gereed vir die groot verf Saterdag.
Die projek is ‘n inisiatief van kunstenaar Deon TerBlanche wat ook verantwoordelik was vir die #ImStayingParys inisiatief.
Daar is die afgelope weke baie hard gewerk om hier skoon te maak, bome te snoei, die muur te herstel en skoon te skrop. Dankie aan elke gewillige hand en elkeen wat reeds bygedra het op watter manier ook al om ‘n verskil te maak, en die omgewing netjieser te kry.
Of jy nou wil verf, wil bydra want heelwat skenkings kort nog, wil kom kyk na die vordering, of sommer net op enige manier jou ondersteuning wil kom wys – jy is welkom Saterdag. Trek klere aan waarvoor jy nie jammer is nie as jy kom verf, en bring sommer ‘n breë kwas met lang, sagte hare, ‘n leë botterbakkie of iets soortgelyks om verf in te gooi, sonskerm en jou glimlag. Dit is al wat nodig is.
Parys se Voortrekkerkommando kom ook verf en sal heerlike worsbroodjies en koeldrank verkoop.
* As jy ‘n elektroniese bydrae wil maak, gebruik die volgende besonderhede: FNB, Cresta, Takkode 254905, Rekeningnommer 62318573153. Gebruik Boom en jou maatskappynaam as verwysing. As jy vrae het skakel Deon by 083 338 4234 of stuur ‘n e-pos na deon@deonterblanche.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button