![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2019/12/IMG-20191206-WA0008-1.jpg)
Dié jong stoeiers van die Dome-stoeiklub in Parys is onlangs beloon vir hul harde werk die afgelope jaar. Ses van die klub se stoeiers kon onder meer vanjaar met hul Noordwes-kleure spog.
Die klub heropen weer op 6 Januarie wanneer beginner-klasse om 16:00 aangebied word, en die interme-diêre en senior klasse om 17:00. Klasse word by die AfriDome aangebied.
Die klub het tans sowat 70 stoeiers van Parys en Potchefstroom.