Photo GalleriesSport

Ringe vlieg by SA Gemengde Dubbels

Ringtennis is vinnig aan die groei en Parys spog met ‘n baie aktiewe klub.

Parys-ringtennisklub het Saterdag aan die SA Gemengde Dubbels in Vanderbijlpark deelgeneem.
Jaydé Claassen van die Parke-klub in Vanderbijlpark, en Karla van Heerden van die Parys-klub ,het derde in die o.13-afdeling geëindig en so hul bronsmedaljes verower.
Ringtennis is vinnig aan die groei en Parys spog met ‘n baie aktiewe klub. Die sport bied ewe veel pret as uitdaging, en solank jy vlug van voet en oog is, is dit beslis ‘n sport om te oorweeg vir oud en jonk.
Oefening is Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 in die kerksaal by die NG-gemeente Parys-Oos. Naas ‘n paar tekkies het jy niks meer nodig nie, net die gewilligheid om te kom saam speel. Jy hoef nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en kinders is almal welkom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button