CommunityPhoto Galleries

Groot fees in Parys dié naweek – kom kuier saam

Maak seker jy’s in Parys hierdie naweek want dit is die ene bedrywigheid in die dorp Saterdag 14 September. Van Najaarsrus se 50 jaar fees, tot Blikkiesfees en reunie.

 

* Toeka tot 1995: Die nou reeds bekende reunie-fees vir oudleerlinge van Hoërskool Parys, Toeka tot 1995, word Saterdag by die Likkewaan-kanoklub gehou. As jy in Parys skoolgegaan het, maak seker jy is daar. Die fees begin om 11:00. Vir navrae skakel Willemiena by 082 9283956 of Petro by 082 8204 785.

* Najaarsrus vier 50 jaar: Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes is Saterdag 14 September ‘n halfeeu oud! ‘n Besondere mylpaal wat gevier word met ‘n oggend vol verrassings by Najaarsrus vanaf 09:00. Daar is pannekoek, ‘n teetuin en vele meer. Van die inwoners sal die middag tussen 14:00 en 15:30 konsert hou, en dan is daar nog die vroeë aand opskop met lasagne te koop vir slegs R20. Sondag 15 September word die fees afgesluit met ‘n erediens in die dienssentrum. Moet dit nie misloop nie. Kom kuier saam Saterdag – kyk hoe die duiwe losgelaat word, proe ‘n bietjie mampoer en kom smul aan ‘n heerlike spitbraai vir net R50 per bord. Bestellings moet voor 14 September by Najaarsrus se ontvangs geplaas word.

* Blikkiesfees: Vierduisend blikkies kos. Dit is waarvoor gemik word wanneer Parys op 14 September Blikkiesfees hou.
Met dié fees word uitgereik na hulle wat minder het in Parys en omliggende dorpe. Daar sal nie wins gemaak word nie, net ‘n dag van pret aangebied word waarmee terselfdertyd gehelp word om die al groter wordende nood van mense te verlig.
Maak daarom seker dat jy op 14 September op die Hoërskool Parys se sportgronde is. Die feesvure brand reeds vanaf 08:45 tot laat en dertien kunstenaars sal deur die dag optree.
Vir die kinders is daar pretaktiwiteite, terwyl jy sommer hier ‘n draai by die kunsmark uitstallers kan maak.
Daar word ook ‘n potjiekos-kompetisie vir die oggend beplan met verskeie kategorieë. Toegang is R50 vir volwassenes en ‘n blikkie nie-bederfbare kos. Kinders o.12 betaal nie ingangsfooi nie maar moet ‘n blikkie nie-bederfbare kos bring.

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button