Photo GalleriesSport

Twee Parysenaars op SA muurbal-ranglys

Twee Parysenaars op SA muurbal-ranglys

Parys spog met twee muurbalspelers wat ingesluit is op die SA top 10 ranglys.
Reese Thompson is die nr. 1 gekeurde o.16 dogtersspeler in die land, terwyl Almari Claassen tans die 10de posisie op die SA ranglys vir do.19 beklee.


Almari is ook tans die Vrystaat se nr. 1 do.19-speler, en is die afgelope tien jaar elke jaar nog in die Vrystaat A-span ingesluit.
Trouens, sy is in 2010 al as 8-jarige speler ingesluit in die Vrystaat o.11-span.
In 2014 ontvang sy die trofee as Laerskool Dogters Muurbalkampioen, en ontvang sy vanjaar ook die trofee as Dames Kampioen van die Parys-muurbalklub.
Haar plek op die SA-ranglys het sy verdien in 2014, 2016, 2017, 2018 en 2019.
Reese het op haar beurt van 1-3 Maart aan die Bloemfontein Ope deelgeneem waar sy onoorwonne was in al haar wedstryde en wegstap as wenner do.16.
Daarna het Reese van 29-31 Maart aan die SA skole Geslote Toernooi by Parkview in Johannesburg deelgeneem. Sy was in dié toernooi ook onoorwonne en wen die do/16 afdeling.
Van 15-19 Junie verteenwoordig sy die Vrystaat vir do.16 as nr. 1 speler by die jaarlikse Interprovinsiale toernooi (IPT), en sit ook hier haar segetog voort deur al haar wedstryde te wen as die nr. 1 speler teen ander provinsies.
Dit beteken dat Reese vanjaar onoorwonne was in al die wedstryde wat deur die SA keurders gebruik is om die SA rangleer te bepaal.
Reese was in 2018 en 2019 ook die Parys-muurbalklub se Speler van die Jaar.
Beide Almari en Reese is leerlinge van Hoërskool Parys en lid van die Parys-muurbalklub. Hulle word afgerig deur Elize Prinsloo.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button