Photo GalleriesSport

One on One: Elske Garbers

“Ek speel al muurbal vandat ek 7 jaar oud was.”

Elske Garbers is een van Potchefstroom Gimnasium se top muurbalspelers en is onlangs vir die SA Muurbalspan gekies. Garbers se belangstelling in die sport het al op ‘n jong ouderdom gebeur en hierdie Gimmie is doelgerig om altyd haar beste in hierdie hoë intensiteit-sportsoort te wees.
“Ek speel al muurbal vandat ek 7 jaar oud was. Ons het Parys toe getrek en op die Golf Estate waar ons gebly het was daar ‘n muurbalbaan. Dit is daar saam met my ouers wat ek begin speel het,” vertel die 14-jarige Garbers.
Hierdie jong blondekop het ook voorheen Vrystaat kleure in muurbal behaal toe sy in Parys Primêr was en ook Noordwes-kleure voor sy nou SA-kleure behaal het in dié sport.

Elske Garbers

Elske Garbers

“Dit is is ‘n groot prestasie omdat ek hard gewerk het om dit te bereik,” noem Garbers, wat vier keer ‘n week vir omtrent ‘n uur en ‘n half oefen. Garbers oefen gewoonlik saam met Jimmy Schlebusch by die Potchefstroom Buiteklub (PCC) en ander kere oefen sy by die huis.
“Die lekkerste deel van muurbal is om harde wedstryde teen goeie opponente te speel,” vertel Garbers wat ‘n uitstekend veelsydige muurbalspeler is.
Garbers het toe sy 7 was alreeds provinsiale kleure in die sport in die o.11 kategorie behaal. Sy het ook o.13 en o.15 provinsiale kleure. Haar prestasies het ook vir haar ‘n borgskap by Tecnifibre besorg. Hierdie is maar net die begin vir Garbers wat nog een van die land se top spelers gaan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button