Photo GalleriesSchool

Dis maak of breek môre vir Parys by DP de Villiers

Ons hou styf duim vas Parys!

Nie minder nie as 3 rugbyspanne van Hoërskool Parys speel môre in die kwartfinaal van die  Valke Afdeling 4 liga. Die skool se 1ste span, 2de span en 0.15’s sal hul staan wys by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg.
Dit volg nadat Parys se eerstes en die o.15’s eerste geeindig het nadat hulle al hul liga verpligtinge nagekom het, en beide spanne hul ligawedstryde gewen het.
Sou enige van die drie spanne môre wen, kwalifiseer hulle vir ‘n plek in die semi-finale uitspeelwedstryde van die Valke-liga, en vir ‘n plek in die 2019 Virsebeker-kompetisie.

Dit beteken dis maak of breek môre vir Parys se rugbyspanne.
H/S Parys se eerste rugbyspan se tellings het tot duver so geluk:
Wen Afrikaanse H/S Sasolburg 63 – 0
Wen HTS Carel de Wet 13 – 12
Wen Suiderlig H/S  17 – 11
Wen Die Ankerskool 21 – 18
Kwartfinaal trekkings vir H/S Parys se spanne:
A-veld (Hoof wedstryd)  13:00   H/S Parys 1ste vs H/S Voortrekker 1ste
A-veld      08:00   H/S Parys o/15 vs Belvedere o/15
B-veld      10:10   H/S Parys 2de vs Voortrekker 2de
Maak seker jy ondersteun hierdie spanne more. Ons hou styf duim vas Parys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button