CommunityPhoto Galleries

Feathers kuier by Doringbos

Kom luister ook saam vanaand

Feathers-voëlklub se volgende byeenkoms is vanaand, Donderdag, 25 April om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Richard Caldwell kom gesels dan oor die voëls wat hy die afgelope tyd gesien het.
Op Saterdag 27 April word Doringbos besoek om te kyk watter voëls daar is. Belangstellendes ontmoet in PnP se parkeerterrein vanwaar hul om 06:30 sal vertrek. Alle belangstellendes is welkom om beide geleenthede by te woon. Bring Saterdag net jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.


Lidmaatskap van die klub gee lede die geleentheid om gereeld op uitstappies te gaan en om plekke in die omgewing te sien wat hul andersinds dalk nooit by sal kom nie. Stel jy belang? Kom kuier dan saam Donderdagaand of kontak Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button