Photo GalleriesSchool

Praktiese wenke om kinders se potloodgreep te verbeter

Praktiese wenke om kinders se potloodgreep te verbeter

Die manier wat ’n kind ’n potlood vashou het ’n direkte invloed op die netheid en leesbaarheid van hul handskif, asook hoeveel tyd daaraan spandeer word. Kinders kan hul potlood verkeerd vashou vanweë verskeie redes wat die volgende kan insluit:
* Hulle is nie geleer hoe om ’n potlood reg vas te hou nie.
* Hulle het swak fynmotoriese vaardighede; of
* Hulle vind nie die algemene potloodgreep gemaklik nie.
Dit is dus belangrik dat kinders gehelp word om hul fynmotoriese krag en behendigheid te verbeter, sodat dit vir hul moontlik is om verbeterde potloodgrepe te kan hê. Hierdie kan gedoen word deur maklike speletjies te speel, asook klein daaglikse veranderings te maak:
1. Gebruik weerstand klei (theraputty) om algemene handkrag te verbeter.
a) Steek munte in die klei weg. Wanneer dit gevind word, moet die kind die munte in ‘n blikkie
pos deur gebruik te maak van ‘n knypgreep.
b) Rol die klei uit in ‘n lang slang en knyp draakskubbe daarop. Maak seker dat die kind wel
‘n knypaksie gebruik en nie ‘n sleutelgreep gebruik nie.
2. “Tweezer” (knypaksie) speletjies.
a) Gebruik “tweezers” om peuselhappies op te tel soos springmielies, rosyntjies, druiwe
of lekkers. Motiveer die kind om drie vingers op die knypinstrument te gebruik, en gee iets om
met die laaste twee vingers vas te hou as hul daarmee sukkel.
3. Inkleur
a) Breek al die kryte in kort stukke. Deur gebruik te maak van die kort kryte, sal die
potloodgreep en greepkrag verbeter.
4. Vermy die pinkie kant van die hand.
Maak die kind bewus daarvan wanneer hul op die pinkie kant van hul hand druk, en moedig hul aan om nie daarop te druk nie.
5. Potlood vergroter.
As die kind nog steeds sukkel met ‘n potloodgreep, kan jy ‘n potloodgreep vergroter aanskaf. Dis is egter nie die eerste opsie nie, aangesien die greepkrag met tyd sal verswak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button