Photo GalleriesSchool

5 duurste staatshoërskole in Noordwes

5 duurste staatshoërskole in Noordwes

Die top privaatskole in Suid-Afrika se skoolfonds sal vanjaar (2019) ongeveer R200 000 per jaar beloop. Teen dié agtergrond het die Herald, Parys Gazette se susterskoerant,  gaan kyk wat kos staatskole in Noordwes. Die skole op die lys is slegs skole wat se 2019 skoolfonds op hulle webtuistes reeds beskikbaar gemaak is. Dié bedrae sluit slegs skoolfonds in, geen addisionele koste soos sportdrag, skoolklere, skryfbehoeftes, handboeke of koshuisverblyf nie.

  1. Hoërskool Wesvalia

Dié hoërskool in Klerksdorp bekend as Wessies se skoolfonds beloop R18 340 per jaar. In Januarie moet R3 000 opgedok word, waarna die skoolfonds R1 394 per maand oor 11 maande beloop.

  1. Hoërskool Bergsig en Klerksdorp Hoërskool

Albei die skole se skoolfonds vir 2019 sal ouers R18 700 uit die sak jaag. Dit is ongeveer R1 700 per maand. Hoërskool Bergsig is in Rustenburg.

  1. Hartebeespoort Hoërskool/High School

Dié dubbelmedium skool wat naby aan die Hartebeespoortdam geleë is, se skoolfonds is R19 987 per jaar. Dit is ongeveer R1 800 per maand.

  1. Potchefstroom High School for Boys

Die skoolfonds vir dié tradisieryke Engelse skool sal R21 500 per maand beloop. Dit is ongeveer R 1 954 per maand.

  1. The High School for Girls Potchefstroom

Die skoolfonds van dié skool sal in 2019 R26 600 beloop. Dit is ongeveer R 2 418 per maand. Girls High, soos hulle bekend staan, het in 2018 die beste matriekleerder in Suid-Afrika (kwintiel 4) opgelewer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button