Photo GalleriesSchool

Tuisskool “muisies” hou konsert met oorgawe

Tuisskool “muisies” hou konsert met oorgawe

Sewentien tuisskool leerders van Parys het die afgelope naweek aan hul eerste konsert/musiekblyspel deelgeneem met die kleurvolle tema, “Om die draai”. Die kranige akteurs se ouderdomme het gewissel tussen 3 en 16 jaar.
Die gedagte met die konsert was om ’n mooi storielyn te hê waaruit ook ‘n les te leer sou wees van die waarde van vriendskap en omgee vir mekaar. So is die storie uitgebeeld van ‘n veldmuis wat stad toe gegaan het omdat hy onvervuld gevoel het op die vervelige plaas, en meer opwinding gaan soek het in die stad.


Deur harde lesse het sy agtergekom dat ware vriendskap nie gekoop kan word nie, maar baie waardevol is. ‘n Barmhartige stadsmuis het hom oor haar ontferm, en het sy gou besef dat die ware vriende en liefde wat sy op die plaas gehad het, eintlik al was wat sy nodig gehad het.
Uiteindelik beland sy en haar nuwe vriend weer tussen die ander dieremaats op die plaas.
Die storie is met sang en danse uitgebeeld wat te oordeel aan die gesiggies sommer baie geniet is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button