CommunityPhoto Galleries

’n Fees van kleur en klank

Deelnemers aan die nou reeds bekende Koepel-kunsfees, was dit eens dat vanjaar se aanbieding ‘n groot sukses was, en ’n ware fees van kleur en klank. Die gehoor is getrakteer op ‘n groot verskeidenheid musiekitems – van koorsang tot trompoppies. Rachel van Schalkwyk se boeremusiek tjokkertjies uit Wesselsbron se wêreld het die harte sonder twyfel …

Deelnemers aan die nou reeds bekende Koepel-kunsfees, was dit eens dat vanjaar se aanbieding ‘n groot sukses was, en ’n ware fees van kleur en klank. Die gehoor is getrakteer op ‘n groot verskeidenheid musiekitems – van koorsang tot trompoppies.
Rachel van Schalkwyk se boeremusiek tjokkertjies uit Wesselsbron se wêreld het die harte sonder twyfel verower met hul pragtige spel van tradisionele en populêre nommers.
Toe die Chris van Niekerk Strings van Vredefort saam met die Wesselsbronners ‘Suikerbossie’ uitgevoer het, het dit gesorg vir een van die hoogtepunte van die dag.
Potch Boys High het ook weer vir groot vermaak gesorg met hul marimba-orkes.
Al die kore wat deelgeneem het, het ‘n unieke en genotvolle program aangebied.
’n Nuutjie vanjaar was die visuele kuns uitstalling. Melinda Oosthuizen van die Rooi Granaat, het die groot taak gehad om die kleurvolle kinderkuns te beoordeel. En ook hier het die standaard van die inskrywings beslis verras.


Daar is twee wenners in elke ouderdomskategorie aangewys. Minharde Roos van Dome Primary het verreweg die meeste kunswerke ingeskryf en sy is beloon met vier wenners. Die Rooi Graneet sal al die wen kunswerke vir ‘n maand lank in die galery uitstal.
Die wenners was Fezile Tokwe (Dome Primary School), Bokamoso Mabitle (Dome Primary School), Abigail Akabueze (Dome Primary School), Ashley Bekeer (Dome Primary School), Josh Hewit (Voluit), Ogone Pula (Noord Primêre skool), Jennifer Bezuidenhout (Goudveld Hoërskool), Daniëlle de Hart (Goudveld Hoërskool) en Andrea Beukes (Hentie Cilliers).
Gaan maak gerus ‘n draai en voel hoe jy weer jonk word wanneer jy na die wêreld kyk deur die oë van ‘n kind.
Benewens die uitvoerende en visuele kuns, kon kinders speletjies speel en smul aan die lekker eetgoed wat te koop was die dag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button