CommunityPhoto Galleries

Winter Knights bring winterhoop

Round Table sal in Junie ‘n Winter Knights projek loods om klere, komberse, blikkies kos en/of donasies in te samel vir hulle wat minder het in Parys.


Winter Knights is ’n  nasionale projek van Round Table waar plaaslike gemeenskappe ondersteun word. Die projek word jaarliks gedoen en Parysenaars wat vanjaar hul bydrae wil gee, kan dit by AB’s Pub & Restaurant, Legends Restaurant en Jimmy Jaggers afgee.
Op Vrydag 15 Junie sal Legends saam met Round Table ook ’n  Boemelaar geselligheid aanbied waar jou toegangsfooi ‘n donasie van tweedehandse klere, blikkies kos of komberse sal wees.


Kom geniet die aand en kom kyk hoe Round Table lede hul empatie met mense wat minder het, sal wys deur die aand in kortbroeke om ’n vuur te sit. Meer inligting oor die projekte kan gekry word by Franco by 079 704 5408.
As u weet van enige behoeftiges wat donasies nodig het, e-pos gerus volledige besonderhede na rtparys88@gmail.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button