Photo GalleriesSport

Gereed vir oudste en grootste ultramarathon-uitdaging

Minstens 5 Parysenaars sal op 10 Junie die Comrades-marathon aandurf. Onder die Parysenaars is Lungile Kulashe wat sy 19de Comrades sal hardloop, asook Stephanie van Rooyen en Marcell Alberough, vir wie dit vir albei ‘n eerste sal wees.

Vanjaar se Comrades is ’n  sogenaamde “af” wedloop wanneer atlete die 90,1km van Pietermaritzburg na Durban sal hardloop.
Die Comrades wat beskou word as een van die oudste en grootste ultramarathons, het ontstaan toe oorlogveteraan, Vic Clapham, die marathon in 1921 begin het om gesneuwelde soldate te vereer wat tydens die oorlog omgekom het.
Dié marathon is tydens die Tweede Wêreldoorlog gestaak maar daarna weer voortgesit.
Aan die begin kon net mans deelneem. In 1975, toe die marathon 50 jaar oud was, is vroue vir die eerste keer toegelaat om deel te neem.
Frances Hayward was die eerste nie-amptelike vroue deelnemer in 1923.
Ná 1975 is beslis dat deelnemers eers moet kwalifiseer voordat hulle kon deelneem.
Die beste tyd wat tot nou toe aangeteken is, is die Russiese atleet Leonid Shvetsov, wat in 2008 die wedloop voltooi het in ’n tyd van vyf ure en 24 minute. Die beste tyd vir vroue is ook deur ’n  Rus aangeteken. Elena Nurgalieva het in 2006 die wedloop in ses ure en nege minute voltooi.
Die rigting van die wedloop word jaarliks afgewissel tussen ’n  “op” wedloop wat in Durban wegspring en effe korter is as die “af” wedloop vanaf Pietermaritzburg.
Wat die meeste van dié marathon uitstaan is die gees van kameraadskap, selfopoffering, toewyding en uithouvermoë.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button