Photo GalleriesSport

Abigail se spane gelig vir Europese deelname

Abigail Bezuidenhout het die groot eer te beurt geval om vir die SA Kano Polo Ontwikkelingspan gekies te word wat van 15 tot 28 Augustus na Europa sal toer.

Hulle sal daar   aan twee Europese toernooie deelneem.
Hierdie is ’n groot geleentheid vir die sewe spanlede om internasionale ervaring te kan opdoen met die oog op die 2020 wêreldkampioenskappe wat in Rome, Italië, sal plaasvind.
Abigail is ’n leerling van Hoërskool Parys.
Om hierdie Europese toer te kan meemaak, is groot koste vir elke spanlid. Daarom het Abigail reeds begin om roomys te verkoop om geld in te samel vir die toer. Vir bestellings of navrae kan Abigail se ma, Lee-Ann, by 072 285 7470 gekontak word.
Sakelui of lede van die publiek wat ’n geldelike bydrae wil maak om haar deelname moontlik te maak, kan skenkings in die volgende rekening inbetaal: Lee-Ann Bezuidenhout, FNB, Parys, spaarrekeningnommer 62758596161.  Spanborgskappe is ook nodig en erkenning sal aan die borge gegee word. Skakel Lee-Ann vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button