Photo GalleriesSport

Jukskei-toernooi trek spelers van sover as Reitz en Frankfort

Mimosa Jukskeiklub het op 12 April ’n baie geslaagde jukskei rondomtalie-toernooi op die NG-gemeente Parys-Wes se kerkterrein aangebied.

Die toernooi is geopen deur ds. Juan de Beer van die Hervormde Kerk, waarna spelers van sover as Reitz, Frankfort, Sasolburg, Vereeniging en Vanderbijlpark mekaar die stryd aangesê het.

Die oudste speler wat deelgeneem het, was die 88-jarige Chris Haefele van Parys.
Jukskei is ’n sport vir oud en jonk en enigeen wat die skeie wil laat klap, is baie welkom om te kom saamgooi op Dinsdae en Donderdae vanaf 08:00 op die NG-gemeente Parys-Wes se kerkterrein. Vir navrae skakel Pieter Claassen by 082 895 1282, Piet Enslin by 082 828 8693 of Johannes Meyer by 082 731 6968.
Die klub sê dankie aan die kerk wat hul fasiliteite vir die toernooi beskikbaar gestel het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button