Photo GalleriesSport

Dis GROOT rugby in Parys.

Hoërskool Parys bied hierdie week vir die vyfde jaar ’n rugbyweek aan wat môre, 6 April, afsluit.

Tydens die week sal 27 rugbyspanne deelneem en is dit tans een van die grootste rugbyweke wat in Suid-Afrika aangebied word. Die Namgola Parys Rugbyweek sal bygewoon word deur 585 rugbyspelers, 77 afrigters en spanbestuurders, en 12 skeidsregters van ses provinsies in die land.
Tydens die week word die opkomende skeidsregters ook deur die SA-Rugby Skeidsregters Unie ontwikkel en geëvalueer. Die rugbyweek bied ’n geleentheid vir skole om hulle rugbyspanne vir die komende rugbyseisoen voor te berei.
Kom geniet gerus die wedstryde wat op
Hoërskool Parys se velde gespeel word
Die program vir 5 & 6 April is as volg:

Do 5 April:
12:00 – Sasolburg vs Blouskool o.16
13:00 – Balfour 7’s vs Sarel Cilliers 7’s o.19
13:30 – Blouskool vs Riebeeckrand o.19
14:30 – Sasolburg vs Ermelo o.19
15:30 – Balfour 7’s vs Sasolburg 7’s o.19
16:00 – Parys vs Hartbeespoort o.16
17:00 – Hartbeespoort vs Sand du Plessis o.19
Vr 6 April
07:30 – Parys 7’s vs Balfour 7’s o.19
08:00 – Ermelo vs Blouskool o.19
08:00 – Reitz vs Sarel Cilliers o.16
09:00 – Sarel Cilliers vs Schweizer Reneke o.19
09:00 – Burgerdorp vs Vrede o.19
10:00 – Sand du Plessis vs Zeerust o.19
10:00 – Sasolburg vs Balfour o.16
11:00 – Pres. Steyn vs Riebeeckrand o.19
11:00 – Hartbeespoort vs Blouskool o.16
12:00 – Belvedere vs HTS Sasolburg o.19
13:00 – Brandfort vs Wessel Maree o.19
14:00 – Hartbeespoort vs Sasolburg o.19
15:00 – Parys vs Heilbron o.19

Foto’s van al die wedstryde wat die week gespeel word, word geneem deur Awie v.d. Berg van Extreme Memories Capture. Besoek die fotostalletjie langs die veld vir fotobestellings of bestel direk op die webtuiste www.xmemories.co.za  na afloop van die rugbyweek. Die foto’s in hierdie artikel is ook deur Awie van Extreme Memories Capture geneem. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button