Photo GalleriesSport

Dis GROOT rugby in Parys

Hoërskool Parys bied vanjaar vir die vyfde jaar ’n rugbyweek aan wat sal plaasvind van 3 April tot 6 April. Tydens die week sal 27 rugbyspanne deelneem en is dit tans een van die grootste rugbyweke wat in Suid-Afrika aangebied word.

Die Namgola Parys Rugbyweek sal bygewoon word deur 585 rugbyspelers, 77 afrigters en spanbestuurders en 12 Skeidsregters van 6 provinsies in die land.
Tydens die week word die opkomende skeidsregters ook deur die SA-Rugby Skeidsregters Unie ontwikkel en ge-evalueer.
Die rugbyweek bied ’n  geleentheid vir skole om hulle rugbyspanne vir die komende rugbyseisoen voor te berei.
Kom geniet gerus die 43 wedstryde wat oor vier dae op Hoërskool Parys se rugbyvelde aangebied word. Die program vir 3 & 4 April is as volg (Die program vir 5 & 6 April sal in Gazette se uitgawe van 5 April gepubliseer word):

Di 3 April
09:00 Reitz vs Hartbeespoort 0.16
10:00 Blouskool vs Parys 0.16
11:00 Parys vs Balfour o.16
12:00 Hoërskool Sasolburg vs Sarel Cilliers o.16
13:00 Belvedere vs Hoërskool Sasolburg 0.19
14:00 HTS Sasolburg vs Sand du Plessis 0.19
15:00 Opening en verwelkoming van die week Hoërskool Parys pawiljoen.
15:30 Hoërskool Parys 7’ vs Balfour 7’s 0.19
16:00 Vrede vs Riebeeckrand 0.19
17:00 Blouskool vs Schweizer-Reneke 0.19
18:00 Zeerust vs Hartbeespoort o.19
19:00 Sarel Cilliers vs Hoërskool Ermelo 0.19
20:00 Pres. Steyn vs Wessel Maree 0.19
21:00 Heilbron vs Burgersdorp 0.19
22:00 Parys vs Brandfort 0.19
Woensdag 4 April
12:30 Balfour 7’s vs Blouskool 7’ 0.19
13:00 Balfour vs Sarel Cilliers o.16
14:00 Burgersdorp vs Pres. Steyn 0.19
15:00 Heilbron vs Wessel Maree 0.19
16:00 Sarel Cilliers vs Belvedere 0.19
17:00 Parys vs Reitz 0.16
18:00 Brandfort vs Zeerust 0.19
19:00 HTS Sasolburg vs Schweizer-Reneke 0.19
20:00 Parys vs Vrede o.19

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button