Photo GalleriesSport

Dis kilo’s op die tekkies met skitter tye

Langafstand atlete van Parys het die afgelope maand gesorg dat daar kilo’s op die tekkies gesit word.

Geluk aan Marcelle Alborough wat die 42,2km Cape Gate Vaal-wedloop – haar eerste marathon – op 4 Maart voltooi het in ’n tyd van 4 uur 7 minute saam met Lorette Pretorius wat ook dieselfde tyd gehardloop het.
Die 21,1km is voltooi deur Annette Beukes vir wie dit ook haar eerste halfmarathon was. Annette het ’n  baie goeie 1 uur 49 gehardloop. Geluk ook aan Steph van Rooyen met haar tyd van 1 uur  40 sekondes – ’n  persoonlike beste. Sy is gevolg deur Rocco Pretorius en Koos de la Rey in ’n  tyd van 1 uur 54 minute.
Elize Kempen het uitgeblink in die Bestmed 21km waar sy die Groot Meester kategorie gewen het. Hierbenewens het sy ook die DeLoitte 21,1km en die Sunrise Monster 32km suksesvol voltooi. ’n  Groot aansporing vir haar mede-atlete.
Die Om-die-dam 50km wat op 18 Maart beslis is, is voltooi deur Steph van Rooyen met nog ’n  persoonlike beste tyd van 4 uur 26 minute. Sy was 22ste uit die 900 deelnemende dames.
Baie geluk ook aan nog ’n  Parysenaar, Peter Muthubi wat die Polo-kwane-marathon voltooi het in ’n  skitterende 2 uur 25 minute. Hy was sesde algeheel oor die wenstreep.  Sterkte aan die atlete wat die Twee Oseane en Comrades gaan aanpak.  Daar is op 7 April in Pretoria ’n  Meesters atletiekbyeenkoms. Skakel 082 638 6947 vir meer inligting.

Regs op die foto is Steph van Rooyen wat die Om-die-dam 50km voltooi het in ’n persoonlike beste tyd. Boonop was sy 22ste uit die 900 deelnemende dames.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button