Photo GalleriesSchool

Kortbeentjie-treë na die wenstreep

Dit was moeilik om te sê waar die meeste aksie was – op die atletiekveld of by die wenstreep, want terwyl daar vanoggend met onseker treëtjies gestap of gehardloop is na die wenstreep, het opgewonde mammas, pappas, oupas en oumas, die selfoonkameras laat klik en met arms wyd oop gewag vir elke hart se punt …

Dit was moeilik om te sê waar die meeste aksie was – op die atletiekveld of by die wenstreep, want terwyl daar vanoggend met onseker treëtjies gestap of gehardloop is na die wenstreep, het opgewonde mammas, pappas, oupas en oumas, die selfoonkameras laat klik en met arms wyd oop gewag vir elke hart se punt om die  wenstreep te haal. Vir sommige van die kortbeentjies was die oomblik net té veel en is daar tranerig die paar treë afgelê, of sommer plat gaan sit. Maar vir elkeen wat vandag deelgeneem het aan die jaarlikse kleuterskole-atletiek, was dit onthou-oomblikke.

Agt kleuterskole het deelgeneem en is die byeenkoms vanjaar deur Blikoortjies-kleuterskool aangebied.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button