Photo GalleriesSport

Parys se rolbalspelers gereed vir naweek se kragmeting

Ná ’n  baie teleurstellende vertoning deur die Parys-rolbalklub in die Noordwes Rolbal Parekampioenskap, toe geen span ’n  seksie kon wen nie, is die klub nou behoorlik oorgehaal en gereed vir Saterdag se Noordwes Rolbal Driespel-kampioenskap wat op die bane van La Farge, PCC en Klerksdorp gespeel word. Parys het drie mansspanne en twee vroue spanne …

Ná ’n  baie teleurstellende vertoning deur die Parys-rolbalklub in die Noordwes Rolbal Parekampioenskap, toe geen span ’n  seksie kon wen nie, is die klub nou behoorlik oorgehaal en gereed vir Saterdag se Noordwes Rolbal Driespel-kampioenskap wat op die bane van La Farge, PCC en Klerksdorp gespeel word.
Parys het drie mansspanne en twee vroue spanne ingeskryf.
Die vroue is Stienie Browne, Emmie Pelzer en Lazuya Serfontein en Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Dalena Reynecke.
Onder die drie mansspanne moet die span van die twee Proteas, Rudi Jacobs en George Lotter saam met Jaco Nel beslis een van die gunstelinge wees. Die ander twee spanne is Trevor Wright, Nico Uys en Ernst Barnard en Dries Delport, Deon Reynecke en Raymond Laubser.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button