Photo GalleriesSport

Karateklub sluit ná 15 jaar

Dié studente van die plaaslike Budokaie Karateklub het op 16 November 2017 hul graderings geslaag. Voor is Christopher Furlong, Adriaan Freislich, Franco Pretorius en Jody Coetzee. In die tweede ry is Nico van der Merwe, Casey Joubert, Zack Pieterse, Juan-Mari Joubert en Cindy Pearson. Agter is sensei Estelle Joubert, Shihan Kobus Grobler en Shodan Sonja …

Dié studente van die plaaslike Budokaie Karateklub het op 16 November 2017 hul graderings geslaag. Voor is Christopher Furlong, Adriaan Freislich, Franco Pretorius en Jody Coetzee. In die tweede ry is Nico van der Merwe, Casey Joubert, Zack Pieterse, Juan-Mari Joubert en Cindy Pearson. Agter is sensei Estelle Joubert, Shihan Kobus Grobler en Shodan Sonja van Rhyn.

Cindy Pearson (voor) is aangewys as die beste gradeerder. Agter is Shihan Kobus Grobler, Shodan Sonja van Rhyn en Sensei Estelle Joubert. Shihan Kobus het op die ouderdom van 61 besluit om af te skaal en die klub te sluit ná 15 jaar se bestaan in Parys. Hy sal nou slegs op selfverdedigingsklasse fokus in samewerking met Shodan Sonja van Rhyn. Shihan Kobus bedank die studente wat die klub tot en met die sluiting ondersteun het. Die volgende selfverdedigingskursus in Parys begin op Woensdag 7 Februarie.

Studente wat wisseltrofeë ontvang het vir goeie vordering is voor van links Christopher Furlong, Adriaan Freislich en Franco Pretorius. Agter is Sensei Estelle Joubert.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button