Photo GalleriesSchool

Bykans dubbel die leerlingtal vir Dome Primary

Skaars ’n  jaar nadat die Dome Primary skool sy deure in Parys geopen het, is die leerlingtal van dié skool reeds bykans verdubbel. Die skool begin met 140 inskrywings vir 2018 nadat daar vanjaar afgesluit is met 68 leerlinge. Daar is ook reeds ’n  waglys van 20 leerlinge vir 2018. Verlede week is nog 4 …

Skaars ’n  jaar nadat die Dome Primary skool sy deure in Parys geopen het, is die leerlingtal van dié skool reeds bykans verdubbel. Die skool begin met 140 inskrywings vir 2018 nadat daar vanjaar afgesluit is met 68 leerlinge.
Daar is ook reeds ’n  waglys van 20 leerlinge vir 2018.
Verlede week is nog 4 tydelike klaskamers op die skoolterrein tussen Loop- en Delverstraat afgelaai wat beteken dat daar nou 9 tydelike klaskamers op die perseel is.
Volgens die skoolhoof, Wilna van Buren-Scheele,  sal daar in 2018 vir die eerste keer ook ’n  graad 4 klas wees en word beoog om in die komende jaar ook aan sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Die skool se leerlinge is aanvanklik geakkommodeer by Lembethe Primary School, en kon daar in Junie vanjaar na die skool se eie skoolterrein geskuif word.
Die skoolure vir 2018 is 07:30 tot 12:30 vir graad R tot graad 2 leerlinge, 07:30 tot 13:00 vir graad 3 leerlinge, en 07:30 tot 13:30 vir graad 4 leerlinge.
Die skoolhoof en personeel sê baie dankie aan die gemeenskap wat sedert die skool sy deure oopgemaak het op vele wyses die skool ondersteun het.
Wilna vertel dat mense gereeld kom inloer by die skool met skenkings of selfs net ’n  woord van bemoediging vir die leerlinge en personeel.
Dit word opreg waardeer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button