Photo GalleriesSport

Kassie Pretorius Veerpyltjie Classic bring hulde aan ’n legende

Die twaalfde Kassie Pretorius Veerpyltjie “Classic” is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar by die Palm Court Hotel, in Parys aangebied met groot sukses. Vanjaar was prysgeld van R20 000 asook ander pryse op die spel. Maar anders as vorige jare het die plaaslik en internasionaal bekende veerpyltjie-legende,  Kassie Pretorius,  nie die toernooi behartig nie. …

Die twaalfde Kassie Pretorius Veerpyltjie “Classic” is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar by die Palm Court Hotel, in Parys aangebied met groot sukses.
Vanjaar was prysgeld van R20 000 asook ander pryse op die spel. Maar anders as vorige jare het die plaaslik en internasionaal bekende veerpyltjie-legende,  Kassie Pretorius,  nie die toernooi behartig nie. Kassie is op 30 Augustus vanjaar skielik aan ’n hartaanval oorlede en is die toernooi aan hom opgedra. Kassie het sy vrou Mariaan vier jaar gelede, reeds tydens ’n  Kassie Pretorius “Classic” in Stilfontein, laat belowe dat hierdie een toernooi is wat sy nooit moet laat doodloop nie. En Mariaan het haar belofte gestand gedoen.
Só het vanjaar se uitslae gelyk:
Die spankompetisie is gewen deur die OBS-span met Ray-Mal tweede, Toppies in die derde plek en die span van Zimbabwe vierde.
Die Vroue Pare-kompetisie is gewen deur Claudine en Magdelize van Brakpan, met Vossie Oosthuizen en Jessica Ackerman tweede. Dave Rudman en Johan Vermeulen van die OBS-span het die Mans Pare gewen, gevolg deur Chris Scheepers en Kaveer Singh in die tweede plek.
Die Dames Enkels-wenner was Vossie Oosthuizen met Joey Kotze tweede, terwyl Dave Rudman die Mans Enkels wen met Johan Niemandt tweede.
Johan Vermeulen wen die Bulls Close. Die hoogste toemaak is deur Johan Niemand behaal met 160, terwyl die meeste 180’s (6) deur Pieter Swiegers aangeteken is.
Ander spelers wat kon slaag met 180’s is Arnildo du Toit, Angel Morgan, Ockert Grobler, Base (Botswana), Pieter Swiegers, Les Francis, Bernie Philander, Arnold (Zimbabwe), Johan Niemandt en Ricky Pretorius

Die OBS-span met Joey Kotze (tweede van links) wat tweede was in die Vroue Enkels kragmeting. Langs haar is Johan Vermeulen en Dave Rudman wat as die Mans Pare wenners gekroon is.

Die Toppies-span met Jessica Ackerman (links) en Vossie Oosthuizen (middel) wat tweede geeïndig het in die Vroue Pare. Vossie was ook die wenner van die Vroue Enkels, terwyl Chris Scheepers en Kaveer Singh wat langs die twee dames staan, tweede was in die Mans Pare.

Ockert Grobler van die Palm Court-span kon spog met ’n  180 op sy kerfstok

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button