Photo GalleriesSchool

3 Meriete-toekennings vir Parys-atlete

Terwyl meeste Vrystaatse leerlinge luilekker by die huis rus, word daar steeds hard gewerk op die atletiekbaan. Drie en twintig atlete van Parys het van 6 tot 9 Desember die Vrystaat Skole atletiekkursus bygewoon saam met atlete van ander provinsies. Baie is geleer en hulle is slaggereed vir die 2018-atletiekseisoen. Tydens die kursus is meriete-toekennings …

Terwyl meeste Vrystaatse leerlinge luilekker by die huis rus, word daar steeds hard gewerk op die atletiekbaan. Drie en twintig atlete van Parys het van 6 tot 9 Desember die Vrystaat Skole atletiekkursus bygewoon saam met atlete van ander provinsies. Baie is geleer en hulle is slaggereed vir die 2018-atletiekseisoen. Tydens die kursus is meriete-toekennings dan ook aan 3 van die Parys atlete oorhandig. Die atlete is Anika Botes (verspring),  Dené van Zyl (hekkies) en Mijanka Volschenk (gewigstoot). Hier is van die atlete wat die kursus bygewoon het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button