Photo GalleriesSport

Titaniese rolbalstryd kom vir Parys

  Twee rolbalmeesters sal volgende naweek, 21 en 22 Oktober vir ’n titaniese stryd op Parys-rolbalklub se bane sorg. Gesoute Protea-spelers, Gerry Baker en Rudi Jacobs, sal met hul spanne mekaar hier die stryd aansê in die Gerry Baker vs Rudi Jacobs Rolbal Uitdaging. Só lyk die spanne Rudi se span: Mans – Rudi Jacobs …

 

Twee rolbalmeesters sal volgende naweek, 21 en 22 Oktober vir ’n titaniese stryd op Parys-rolbalklub se bane sorg.

Gesoute Protea-spelers, Gerry Baker en Rudi Jacobs, sal met hul spanne mekaar hier die stryd aansê in die Gerry Baker vs Rudi Jacobs Rolbal Uitdaging. Só lyk die spanne

Rudi se span: Mans – Rudi Jacobs (huidige SA speler), George Lotter (huidige SA speler), Pierre Breytenbach (huidige SA speler), Jaco Nel (Noordwes provinsiaal), Dries de Jager (Noordwes provinsiaal), Henk Prinsloo (Noordwes provinsiaal), Errol Booth (Noordwes provinsiaal), Mike Benetto (Noordwes provinsiaal), Pikkie Loots (Noordwes provinsiaal), Gene Hill (Noordwes provinsiaal), Ferdi Jansen (Noordwes provinsiaal), Tinus Crous (Noordwes provinsiaal), en Piet Croucamp (Noordwes provinsiaal).

Dames – Tracy Jacobs (Noordwes provinsiaal), Helen Jansen (voormalige SA speler), Corrie Breitenbach (voormalige SA speler) en Jillian Booth (Noordwes provinsiaal) .

Gerry Baker se span: Mans – Gerry Baker (huidige SA speler), Jason Evans (huidige SA speler),  Donny Piketh (voormalige SA-speler), Gavin” Boom (Boom” Erasmus – JBA provinsiaal), Jonnie Pieterse (JBA provin-    siaal), Nic Techman (JBA provinsiaal), Shaun Thomas (JBA provinsiaal), Mark Hankey,

Glenn Minnaar, Phil” The Power” Taylor, Neil du Toit, Warren” Big Dog” Harvey.

Dames – Peta Smith., Jenny Eager, Louise Evans en Charlie Taylor.

 Beide Rudi en Gerry het Suid-Afrika op die rolbalbaan verteenwoordig by die Statebond Spele, die World Champion of Champions, World Bowls Champs, en die Afrika Spele. Rudi is dan ook ’n lid van die Parys-rolbalklub en Parysenaars word daarom genooi om seker te maak dat hulle volgende naweek daar is wanneer rolbal van uitstaande gehalte hier gespeel  word.

Die kragmeting skop reeds die Saterdagaand om 19:00 af met ’n  spog gala-ete, waar Gerry  die gasspreker is. Kom kuier saam met lekker musiek, dans en ’n kontantkroeg wat beskikbaar sal wees. Die koste is R120 per persoon.  Sondag 22 Oktober begin die groot uitdaging op die baan om 09:00.  Daar sal net een telbord wees en die span met die hoogste telling vir die dag wen die trofee. Hierdie kragmeting sal ’n jaarlikse instelling word.

Daar sal koffie en versnaperings, asook ’n  steak-ete en kontantkroeg wees. Die koste is R100 per persoon.  Kom kyk en kuier saam.  Vir navrae en kaartjies kan Jaco Nel by 082 8800 233 gekontak word, of Trevor Wright by 071 688 7947

Dit is Breitenbach, Bennetto,Ferdi Jansen,Tinus Crous, Tracy Jacobs. Jillian Booth.

So ‘n tikkie nostalgie met toeka se tyd se foto’s van die legendes wat in aksie sal wees. HIer is Gerry Baker.

 

Rudi Jacobs.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button