Photo GalleriesSport

Jukskeiklub rondomtalie ’n groot sukses

Mimosa-jukskeiklub het weer op 21 September ’n rondomtalie-jukskeitoernooi op die NG-gemeente Parys-Wes se terrein aangebied. Spelers van sover as Reitz, Frankfort, Vereeniging en Vanderbijlpark het aan die kompetisie deelgeneem, waarvan sommige van die 42 deelnemers ouer as 80 jaar was. Die dag is geopen deur ds. J. de Beer van die Hervormde Kerk. Jukskei as …

Mimosa-jukskeiklub het weer op 21 September ’n rondomtalie-jukskeitoernooi op die NG-gemeente Parys-Wes se terrein aangebied.
Spelers van sover as Reitz, Frankfort, Vereeniging en Vanderbijlpark het aan die kompetisie deelgeneem, waarvan sommige van die 42 deelnemers ouer as 80 jaar was. Die dag is geopen deur ds. J. de Beer van die Hervormde Kerk. Jukskei as spel bied gesonde oefening en ontspanning vir oud en jonk.
Enigeen wat belangstel om saam die skeie te laat klap, kan Dinsdae en Donderdae vanaf 08:30 tot 11:00 kom saamgooi by die NG- gemeente Parys-Wes h/v Kort- en Grensstraat.
Vir navrae oor die klub, skakel Pieter Claassen by 082 895 1282 of (056) 817 2495, Pieter Enslin by 082 828 8693, of Johannes Meyer by 082 731 6968.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button