Photo GalleriesSport

Titaniese rolbalstryd tussen 2 van SA se legendes

’n  Rolbalstryd tussen van die bestes in die land sal eersdaags op die Parys-rolbalklub se bane gesien word wanneer twee gerekende Protea-spelers in dié sport, Gerry Baker en Rudi Jacobs, mekaar hier die stryd sal aansê vir die Gerry Baker/Rudi Jacobs Challenge. Gerry bring 12 mans en 4 dames vir sy span, terwyl Rudi se …

’n  Rolbalstryd tussen van die bestes in die land sal eersdaags op die Parys-rolbalklub se bane gesien word wanneer twee gerekende Protea-spelers in dié sport, Gerry Baker en Rudi Jacobs, mekaar hier die stryd sal aansê vir die Gerry Baker/Rudi Jacobs Challenge.
Gerry bring 12 mans en 4 dames vir sy span, terwyl Rudi se 16-tal met Noordwes-spelers nie minder nie as 3 Proteas en 2 voormalige Proteas sal insluit.
Die kragmeting vind op Sondag 22 Oktober plaas met spel vanaf 09:00. Die publiek is meer as welkom om te kom kyk na rolbal van uitstaande gehalte. Kom ondersteun en kuier saam. Daar sal net een telbord wees en die span met die hoogste telling vir die dag wen die trofee. Hierdie kragmeting sal ’n jaarlikse instelling word. Daar is ook ’n  heerlike verwelkomingsfunksie van die spanne die Saterdag by die klub. Die funksie volg na afloop van die Noordwes Premier-liga wat ook op Parys se bane gespeel word Saterdag 21 Oktober.
Die verwelkomingsfunksie skop af om 19:00 as ’n  prestige sportgeleentheid met Protea-spelers en ander sportlegendes wat kom saamkuier. Sportklubs in die dorp is welkom om tafels te bespreek en die rolbalklub hoor graag van plaaslike sportpresteerders wat provinsiaal of nasionaal presteer het, om deel te wees van die funksie.
Daar sal lekker musiek, gassprekers en ’n skaap op die spit wees. Vir navrae en om deel te wees van dié opwindende sportnaweek in Parys, skakel Trevor by 071 688 7947 of Dries by 072 968 2136.

Gerry Baker.
Rudi Jacobs

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button