Photo GalleriesSport

Arnold Classic wag vir Launette

Parysenaar Launette van Niekerk spog met ’n skitterende vierde plek in die Beach Bikini-afdeling by vanjaar se SA’s. Dit volg nadat sy by die IFBB Body Building provinsiale uitdunne gekies is vir die Sedibeng-span. Launette het daarna op 2 September by die Ridge Casino in Witbank haar span by die SA’s  gaan verteenwoordig. Wat Launette …

Parysenaar Launette van Niekerk spog met ’n skitterende vierde plek in die Beach Bikini-afdeling by vanjaar se SA’s.
Dit volg nadat sy by die IFBB Body Building provinsiale uitdunne gekies is vir die Sedibeng-span. Launette het daarna op 2 September by die Ridge Casino in Witbank haar span by die SA’s  gaan verteenwoordig.
Wat Launette se prestasie so besonders maak, is dat sy eers vanjaar aan dié sport begin deelneem het. Sy oefen by DFC en Biokinetika en vertel dat sy mal is oor gym. Omdat sy dramaklasse gee en lief is vir die verhoog, het die gogga haar sommer dadelik vir die sport gebyt. Haar wenresep vir sukses is baie harde oefening en ’n  streng dieet vir sewe maande.
Nou het sy haar oog op die Fitness Bikini-afdeling, waarmee sy graag haar land ook by die Wêreldspele wil gaan verteenwoordig. Launette is ‘n dosent by Gaudium Artes en studeer ook deeltyds onderwys deur Unisa. Sy is  in haar vierde jaar en sal vroeg 2018 haar graad kry. Vroeër het Parysenaars ook haar handewerk gesien in die musiekproduksie, Liefde is, wat by Hoërskool Parys opgevoer is. Launette was die choreograaf vir die dans en drama gedeelte van die produksie. Sy het aan die Hoërskool Sasolburg matrikuleer.
Haar volgende Beach Bikini kompetisie is op 25 November en sy het ook haar uitnodiging ontvang vir die Arnold Classic Africa Games 2018

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button