CommunityPhoto Galleries

Mannekoor met orrelspel

Ondersteuners van die Potchefstroomse Mannekoor kan uitsien na ‘n besondere geleentheid wanneer die koor op 7 September met die bekende orrelis Eddie Davey saamspan. Davey is ‘n uitstaande orrelis wat landwyd bekend is en ook internasionaal homself as ‘n musikus van formaat bewys het. Hy is ook ‘n oud inwoner van Potchefstroom waar hy lank… …

Ondersteuners van die Potchefstroomse Mannekoor kan uitsien na ‘n besondere geleentheid wanneer die koor op 7 September met die bekende orrelis Eddie Davey saamspan.
Davey is ‘n uitstaande orrelis wat landwyd bekend is en ook internasionaal homself as ‘n musikus van formaat bewys het. Hy is ook ‘n oud inwoner van Potchefstroom waar hy lank sy besondere talent op musiekgebied gedeel het.
Die aand se program sluit bekende orrelwerke in asook ligter stukke wat in almal se smaak sal val. Die Mannekoor se aanbieding bevat geliefde Walliese koorgunstelinge, ‘n Nederlandse aanbiddingslied, asook ‘n werk gekomponeer deur die koorleidster, Babs Brouwer.
Kom doen gerus op die 7 September om 19h00 mee en geniet saam die uitvoering in die kerkgebou van die NG gemeente Vyfhoek. Navrae by Babs 083 306 4525

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button