Photo GalleriesSport

Dowe swemmer skitter met silwer in Turkye

Cornell Loubser, ‘n vierde jaar student in B.Ed. aan die NWU se Potchefstroomkampus, het Suid-Afrika tydens die 23ste Olimpiese Spele vir Dowes (Deaflympics)  wat van 18 tot 30 Julie in Samsun, Turkye, gehou is, met onderskeiding verteenwoordig. Cornell Loubser glimlag breed met haar silvermedaljes wat sy in Turkye verower het.  Sy het tydens die openingseremonie …

Cornell Loubser glimlag breed met haar silvermedaljes wat sy in Turkye verower het.

Cornell Loubser glimlag breed met haar silvermedaljes wat sy in Turkye verower het.

 Sy het tydens die openingseremonie van die Spele die groot voorreg geniet om die Suid-Afrika se vlag  in die Olimpiese stadion in te dra – en het sy nie ons land se vlag trots met haar merkwaardige prestasies laat wapper nie!

Cornell is met Treacher Collins Sydrome gebore, wat doofheid veroorsaak. Sy moes in haar jong lewe verskeie operasies ondergaan en talle struikelblokke oorkom. Ondanks dit alles, het hierdie dapper meisie ’n sterswemmer van formaat geword, alhoewel haar doofheid veroorsaak dat sy sukkel om instruksies te volg en stadiger as niegestremde swemmers uit die blokke is.

Cornell het aan die 200m-kruipslag, die 200m-vinderslag, die 100m-vlinderslag en die 50m-vlinderslag deelgeneem het pragvertonings gelewer. Sy het in al hierdie items na die finale rondtes deurgedring en die hoogtepunte van hierdie Spele was toe Cornell met twee silwer medaljes (vir die 100m-vlinderslag en die 200m-vlinderslag) op die podium geskitter het.

Cornell se wonderlike prestasies kan toegeskryf word aan haar passie vir swem, haar nederigheid en doelgerigtheid, haar harde werk en toewyding. Haar swemafrigter, Marike van Oort, verduidelik dat Cornell se goeie swemprestasies ’n spanpoging was: “Ek en Cornell werk reeds vanaf 2015 (na die Dowe Wêreldkampioenskappe in die VSA) baie hard aan haar oefenprogram om wêreldtye in die swembad te behaal. Dit het natuurlik baie ure in die swembad en in die gimnasium vereis, baie opofferings geverg, en absolute getrouheid van haar gevra. Gelukkig het haar medeswemmers van Puk-swem haar deurentyd ondersteun en gemotiveer wanneer oefening baie intens was en algehele fokus nodig was. Sy het ook ’n wonderlike ondersteuningstelsel wat haar haar ma, broer en familie betref.”

Wat Cornell se prestasie nog meer besonders maak, is die hartseer saak dat haar pa (een van haar grootste ondersteuners) baie onlangs sy stryd teen kanker verloor het. Sy was baie emosioneel nadat sy haar eerste silwer medalje in die 100m-vlinderslag gewen het, en het haar pragvertoning en medalje aan haar oorlede pa opgedra. Met die verowering van haar tweede silwer medalje in die 200m-vlinderslag het Cornell gesê: “Ek het myself verras. Ek kon nie glo ek het vier sekondes verbeter sedert die oggend se uitdunne nie. Op die podium het ek ’n besondere trots ervaar deur twee silwer medaljes van die byeenkoms te wen met my persoonlike beste tye ooit.” Sy eer God wat aan haar die wonderlike swemtalent gegee het.

Cornell bedank graag almal wat haar so onvoorwaardelik ondersteun het, Puk-sport, Noordwes Swem, die Kleynhans-gesin en die swemklubs wat dit vir haar moontlik gemaak het om aan die Spele deel te neem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button