Photo GalleriesSport

Geveg van die Eeu: Mayweather of McGregor?

 Dit word nie verniet as die grootste geveg in gevegsport se geskiedenis bestempel nie. Eerskomende Saterdagaand (Sondagoggend Suid-Afrikaanse tyd) gaan die wêreld se oë op  die T-Mobile Arena in Las Vegas gerig wees wanneer Floyd Mayweather en Conor McGregor  mekaar in die Geveg van die Eeu die stryd aansê. Sosiale media gons en… VANDERBIJLPARK. – …

VANDERBIJLPARK. – Dit word nie verniet as die grootste geveg in gevegsport se geskiedenis bestempel nie.

Eerskomende Saterdagaand (Sondagoggend Suid-Afrikaanse tyd) gaan die wêreld se oë op  die T-Mobile Arena in Las Vegas gerig wees wanneer Floyd Mayweather en Conor McGregor  mekaar in die Geveg van die Eeu die stryd aansê.

Sosiale media gons en die opbou tot die geveg het wêreldwyd afmetings aangeneem wat nog nooit van te vore gesien is nie.  Mayweather se vorige boksgeveg in 2015 teen Manny Pacquiao het Pay Per View-rekords gebreek en hy het sowat $180 miljoen dollar vir die geveg verdien.  Hoewel baie veranderlikes die uiteindelike prysgeld vir die Geveg van die Eeu kan beinvloed, behoort die wenner in die omgewing van
$300 miljoen dallar in sy sak te steek.  Beroepswedders lek hulle lippe af, maar ‘n McGregor sege kan hulle seermaak.

Maak nie saak wie jy ondersteun nie, een ding is verseker dat dit ‘n skoupspel gaan wees wat nie misgeloop moet word nie. Die geveg het die wêreld letterlik in twee kampe verdeel en selfs sterlinge wat noot oor boks praat nie, raak by vurige besprekings betrokke. McGregor, ‘n kampioen UFC-hokvegter, laat die skuim om  die bokspuriste se mondhoeke aaanpak na sy uitlatings oor die sport. Die voortslepende bekgeveg tussen die twee vegters is waarskynlik deur McGregor gewen wat ‘n meester daarin is, maar as mens realisties is behoort die wyse man sy geld op Mayweather te sit. Beroepswedders het aanvanklik met die aankondiging van die geveg ‘n 11-1 wedsyfer in die guns van Mayweather gegee , maar dit het intussen aansienlik gedaal. Daar is diegene wat meen dat die geveg ‘n klug is, maar hoe dit ookal sy die geld gaan inrol. Die goedkoopste kaartjies vir die geveg het vir tussen  $1200 – $1400 dollar verhandel.

Hoewel daar tans meer gereeld op McGregor geld verwed word wen Mayweather die bruto-wedloop oor hoeveel geld op hom verwed word by verre.  Mayweather spog met ‘n ontsagwekkende loopbaan wat oor meer twee dekades strek. Hy spog met ‘n vleklose rekord van 49-0. Die ortodokse weltergewigbokser word as een van die boksers met die beste verdediging ooit bestempel. Die Ierse-hokvegter op sy beurt is ook nie net bek nie, vra maar vir die 18 teenstanders wat hy harpuis laat ruik het. Die hotklou is rateltaai en kan vir verrassing sorg mits die geveg nie langer as vier rondtes aanhou nie.

Tegnies is Floyd superieur en hoe langer die geveg aanhou hoe beter is sy kanse vir ‘n oorwinning, maar in boks verg dit net een hou om die geveg op sy kop te keer. Al wat seker is, is dat die geveg eendag in dieselfde asem as die legendariese Ali/Foreman se Rumble in the Jungle in Zaire gepraat gaan word. Wat presies die storielyn gaan wees, sal Saterdagaand in Las Vegas  bepaal word!

 

 

1

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button