CommunityPhoto Galleries

Hoor meer van Nieu-Seeland se voëlprag

Johan Lötter van Vredefort het drie jaar in Nieu-Seeland gewoon. Hy sal op Donderdag 27 Julie om 18:30 sy kennis en ervaring van Nieu-Seeland se voëls met die Feathers Voëlklub kom deel. Soos gewoonlik vind die byeenkoms van die klub by die Sally Martin Park  saal in Parys plaas. Na die praatjie sal Johan ook …

Johan Lötter van Vredefort het drie jaar in Nieu-Seeland gewoon. Hy sal op Donderdag 27 Julie om 18:30 sy kennis en ervaring van Nieu-Seeland se voëls met die Feathers Voëlklub kom deel.
Soos gewoonlik vind die byeenkoms van die klub by die Sally Martin Park  saal in Parys plaas. Na die praatjie sal Johan ook die nuwe webwerf vir die aantekening van voëlwaarnemings bespreek. Die webwerf is reeds aan die gang en kan by https://www.misights.com/ besoek word.
Alle belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon. Bring jou eie beker en kom kuier lekker saam en geniet ’n  koppie tee of koffie en verversings na die tyd.
Daar is geen voëlkyk-uitstappie vir Julie beplan nie.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306 of Peter Killian by (056) 817 6031 / 083 625 8100 vir meer inligting oor klubuitstappies en byeenkomste.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button