Photo GalleriesSport

Nuwe gronde vir hengelaars

Ten spyte van ysige en mistige weer het ses hengelaars van Mimosa-hengelklub tog die water anderkant Oranjeville, by Magriet se gronde aangedurf. Hoewel min hengelaars, het die vis nie teleurgestel nie. Die poelvis van die dag is gevang deur Koos Marais. Die wenner van die mans-afdeling was Barry Dreyer, met Koos Harmse kort op sy …

Ten spyte van ysige en mistige weer het ses hengelaars van Mimosa-hengelklub tog die water anderkant Oranjeville, by Magriet se gronde aangedurf. Hoewel min hengelaars, het die vis nie teleurgestel nie.
Die poelvis van die dag is gevang deur Koos Marais. Die wenner van die mans-afdeling was Barry Dreyer, met Koos Harmse kort op sy hakke. Baie geluk aan al die wenners!
Vangste in die omgewing van Parys is tans baie wisselvallig as gevolg van die koue, hoewel daar tog berigte van groot karp en geelvis ontvang is.
Die volgende kompetisie word op 8 Julie by die Regeringsgronde gehou. Lede kom om 07:00 bymekaar by die hek by die Regeringsgronde. Hengeltyd is van 08:00 tot 15:00. Die maandelikse braai sal op Woensdag 12 Julie by die Mimosa-klubgronde gehou word. Alle Mimosa-hengelklublede is welkom.
Vir navrae of om by die klub aan te sluit skakel Kobus  by 082 878 2579 of Veronica by 072 631 1133.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button