Photo GalleriesSport

Groot rugby-geskiedenis vir Parys

Parys Primêre skool maak vandag geskiedenis met die meeste rugbyspanne nóg wat Woensdag 21 Junie in die finaal van Kring 2 van die Sedibeng Valke (vroeër medium skole) speel. Die spanne is o.9, o.11 en o.13A wat almal teen Suikerbos speel, o.10 wat teen DF Malherbe kragte meet , en o.13 wat teen Eligwa speel. …

Parys Primêre skool maak vandag geskiedenis met die meeste rugbyspanne nóg wat Woensdag 21 Junie in die finaal van Kring 2 van die Sedibeng Valke (vroeër medium skole) speel.
Die spanne is o.9, o.11 en o.13A wat almal teen Suikerbos speel, o.10 wat teen DF Malherbe kragte meet , en o.13 wat teen Eligwa speel.
Verlede jaar het die skool se o.9 en o.10 spanne ook die finaal gehaal en gewen.
Dit is egter nie net die laerskool rugbyspanne wat skitter nie. Gazette het verlede week  berig oor  Hoërskool Parys wat vier spanne het wat hierdie Saterdag 24 Junie in Vanderbijlpark op HTS Carel de Wet se terrein in die Valke semi-finaal speel. Dit is die eerstespan, die o.15’s, die tweedes en die o.16’s.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button