Photo GalleriesSport

Sussies gaan SA in Los Angeles verteenwoordig

Twee sussies van Parys, Chamoté en Richelle Jansen van Rensburg, het in April aan die SA kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste by Nasrec, Johannesburg, deelgeneem, waar hulle uit die 2 700 deelnemers gekies is vir die net 270 items wat ingesluit is in die SA span wat in Junie en Julie 2018 hul land in …

Twee sussies van Parys, Chamoté en Richelle Jansen van Rensburg, het in April aan die SA kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste by Nasrec, Johannesburg, deelgeneem, waar hulle uit die 2 700 deelnemers gekies is vir die net 270 items wat ingesluit is in die SA span wat in Junie en Julie 2018 hul land in Los Angeles sal verteenwoordig.
Die afdelings waaraan hulle sal deelneem sluit in onder andere Cha Cha, Jive, Bhangra, Hip Hop, Freestyle, Kontemporêr, Lyrical, Ope, Musical Character en Jazz. Hul kry medaljes vir Jive, Bhangra, Jazz, Musical Character, Open en Freestyle.
Vir hulle om hul land te gaan verteenwodig, sal R75 000 per kind kos, sê hul ma, Chantelle.
Daarom is hulle reeds hard aan die werk om ’n paar funksies te reël om fondse in te samel vir Chamoté en Richelle. Dit sluit ook ’n gholfdag in.
Chamoté en Richelle is lid van die Aldanté Dansskool en leerlinge van Parys Primêre skool waar hulle in Graad 4 en Graad 6 onderskeidelik is. Chamoté dans reeds 2 jaar en Richelle een en ‘n halwe jaar.
Individue of besighede wat met ’n donasie of borgskap ’n  bydrae wil maak vir Chamoté en Richelle se deelname, kan Chantelle skakel by 084 6555 160 vir meer besonderhede oor die Capitec bankrekeningnommer wat vir die sussies oopgemaak is onder die naam, Dance Sisters. Borgvorms is ook beskikbaar by Postnet Parys of kan afgegee word vir mense wat bereid is om ’n  bydrae te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button