Photo GalleriesSport

Vier victor- en victrix ludorum-toekennings en 22 goues vir Likkewane

Twaalf van Parys se Likkewaan-roeiklub junior-roeiers het besonder goed presteer by die SA Skole Kampioenskappe wat van 28 tot 30 April by die Buffelsjagdam in Swellendam gehou is. Die toestande op die water was oor die eerste twee dae baie uitdagend met die “berg” winde, wat soms só gewaai het dat die organiseerders alle items …

Twaalf van Parys se Likkewaan-roeiklub junior-roeiers het besonder goed presteer by die SA Skole Kampioenskappe wat van 28 tot 30 April by die Buffelsjagdam in Swellendam gehou is.
Die toestande op die water was oor die eerste twee dae baie uitdagend met die “berg” winde, wat soms só gewaai het dat die organiseerders alle items moes staak totdat toestande verbeter het. Nietem het die Likkewane daarin geslaag om ’n totaal van 22 goue medaljes te verower!
Vier van die roeiers in hul ouderdomsgroepe het ook die victor- en victrix ludorum-toekennings verower.
Hoërskool Parys en Parys Primêr is aangewys as die beste roeiskole in die land, met hul puntetotaal wat deur slegs 12 leerders bymekaar gemaak is.
Spesiale dank aan Kobus Erasmus, Saal de Jager, Lee-Ann Bezuidenhout en Leandra du Plessis as afrigters van die klub vir hulle toewyding en ondersteuning.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button